- Home
- causes
- optimystic bikers against abuse mcc
- stories
- northern cape institution of the year competition 2015

Northern Cape Institution of the Year Competition 2015
We received a special award from Volksblad/GWK/Kumba amounting to R10,000 worth of equipment for our organisation. We are very grateful for this contribution which will greatly assist how we function.
NoordKaap deur Abotha, Woensdag 03 Junie 2015: KIMBERLEY het skoonskip gemaak in die aanwysing van Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar. Sharon Steyn, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki), is die Noord-Kapenaar van die Jaar en die polisie se vrouenetwerk in Kimberley is die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar. Die kompetisie is vanjaar die vyfde keer deur Volksblad, moederkoerant van Noordkaap, en Kumba Iron Ore aangebied. Dit word ook in samewerking met GWK gehou. Die bekendmaking van die wenners is Woensdagaand (27/05) op ’n glansgeleentheid in Kathu gedoen. Steyn is bekroon danksy haar onverpoosde ywer om probleme in die Noord-Kaapse hoofstad te help oplos, onder meer die sluiting van Bultfonteinweg, om inwoners op die hoogte te hou van probleme soos gebarste waterpype en kragonderbrekings, die skep van ’n gesonde sakeomgewing in die stad en die kry van projekte tot voordeel van Kimberley. Die beoordelaars het gemeen sy doen veel meer as net dit wat van haar verwag kan word. Die vrouenetwerk bestaan uit drie vroue. Leza Graaff is die groepleier en saam met haar werk kapt. Grace Bruce en Louwna Luyt. Een van hul projekte is die “aanneming” van die Laerskool Diamantveld. Elke maand word daar op sekere dae kos aan sowat 100 van die skool se leerlinge voorsien. Nog ’n projek is No Future with Drugs, waardeur dwelmverslaafde jong mense in die hospitaal opgeneem word en daarna ’n rehabilitasieprogram deurloop. ’n Volle R100 000 is ook Woensdagaand aan verdienstelike organisasies uitgedeel. Die organisasies wat geld gekry het, was almal benoemdes in die kompetisie. Van die geld wat oorhandig is, het R50 000 gekom van Volksblad en GWK gesamentlik, terwyl Kumba ’n verdere R50 000 beskikbaar gestel het. Tanya Aucamp, kommunikasiebestuurder van Kumba se Sishen-myn, het op die oorhandigingsgeselligheid gesê maatskaplike besteding is nie vir Kumba slegs ’n wetlike nakoming nie. “Dit is ’n maatskaplike belegging in die lewe van mense, omdat ons omgee en ’n ware volhoubare verandering teweeg wil bring. Verlede jaar het Kumba R190 miljoen bestee aan gemeenskapsontwikkeling en vir dié jaar is daar R140 miljoen toegeken.” Haar boodskap was dié woorde van Martin Luther King: “As ek nie groot dinge kan doen nie, kan ek steeds klein dingetjies op ’n groot manier doen.” Die organisasies wat geld van Kumba gekry het, was: Oasis-vaardigheidsontwikkelingsentrum (R10 000); Kuruman-buurtwag (R5 000); SAPD-vrouenetwerk (R15 000); Africana-biblioteek (R5 000); Optymistic Bikers against Abuse (R5 000); en Maths and Science Leadership Acadamy (R10 000). Die organisasies en individue wat geld van Volksblad en GWK gekry het, is: Sharon Steyn (R10 000 vir haar uitdagings by die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie); Dorothy-Anne Howitson (R5 000 vir haar stryd om bewustheid van die behoeftes van gestremdes te bevorder); Katriena Esau (R5 000 vir die bevordering van die N/uu-taal); Oasis-vaardigheidsontwikkelingsentrum (R10 000); SAPD-vrouenetwerk (R15 000) en Optymistic Bikers against Abuse (R5 000 vir toerusting)